Hartseer!!!
Sjoe, die hartseer word net meeer en meer!! Ek dink spesiaal vandag aan Alta Espach, ons het saam gewerk jare terug! Alta, ons is almal vreeslik jammer om te hoor dat Henk vermoor is. Ons dink aan julle!
Oom Eben, dankie dat jy daar is vir hulle!
Hierdie berig is uit die beeld:
Die polisie het nie genoeg gedoen’
Nov 18 2008 10:03:06:167PM - (SA)
|
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|
|||||||||
Daniel Maluleke
Drie dae nadat mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, beloof het plaasaanvalle sal met wortel en tak uitgeroei word, is ’n pa op ’n hoewe naby Pretoria vermoor.
“As die polisie dadelik ná die voorval in die rigting gejaag het waarin die moordenaars gevlug het, het hulle hulle dalk vasgetrek,” het mnr. Schalk Albertyn gister gesê.
Sy broer, Henk (44), is gisteroggend omstreeks 01:00 doodgeskiet terwyl hy op ’n hoewe by Donkerhoek, oos van Pretoria, op sy rekenaar gewerk het.
Vier gewapende mans het ’n glasdeur gebreek om by die huis in te kom.
Mev. Karlien Albertyn (40) en hul twee seuns, Altus (7) en Braam (4), het geslaap toe die skote hulle wakker gemaak het.
Sy het gaan kyk wat aangaan, terwyl die seuntjies, in ’n duvet toegewikkel, in die badkamer gaan wegkruip het.
Mnr. Willie van der Schyff, ’n buurman, en die Albertyn-broers se ma en stiefpa het ook onmiddellik na die huis gegaan.
Die gewonde Albertyn is na die Wilgers-hospitaal gehaas, maar is op pad daarheen dood verklaar, al het sy broer en Van der Schyff alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red.
Henk en Karlien Albertyn was 12 jaar getroud.
Die rowers het met sy pistool gevlug. Daar is nog nie vasgestel of hulle enigiets anders gevat het nie.
“Ons voel die polisie het nie genoeg gedoen om die verdagtes op te spoor nie. Hulle het net op die toneel rondgeloop, eerder as om flink op te tree,” het Schalk Albertyn gesê.
’n Verpletterde Van der Schyff het gesê hy kan nie glo wat met sy buurman gebeur het nie. “Dit lyk asof ons nou ook sulke voorvalle soos die Kameeldrift-gebied ondervind.”
Dis juis waar Mthethwa Saterdag die onderneming gegee het dat plaasaanvalle uitgeroei sal word.
“Ek is verskriklik stukkend. My hart is flenters,” het me. Alta Espach, die Albertyn-broers se ma, in trane gesê.
“Die mense het die reg om klagte in te dien as hulle nie met ons diens tevrede is nie, maar ek glo die polisie het hul bes gedoen deur genoeg inligting van die slagoffers in te samel wat ons in staat kan stel om ’n deurbraak te maak,” het mnr. Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, gesê.
Toe die polisie gister op die hoewe aankom, was die familie op pad hospitaal toe en hulle kon nie onmiddellik leidrade kry om op te volg nie. Dis hoekom hulle nie die rowers kon agtervolg nie, het Japhta gesê.
Die polisie het ’n span ontplooi om die gebied te patrolleer.




![Lazy Lass [eXPLoReD] Lazy Lass [eXPLoReD]](http://static.flickr.com/7083/7272226034_3d95aba441_t.jpg)

![Alte Elbbrücke [explored] Alte Elbbrücke [explored]](http://static.flickr.com/7223/7272481584_f786c81f26_t.jpg)


Ooo, Tersia, mens is net verstom oor al die duiwelshede. Die Here se vertroosting is AL wat ons het om aan vas te hou — maar Hy wil en sal dit gee.
Genade vir die familie en almal van julle.
My innige simpatie aan al die geliefdes.
Ters, dit is hartverskeurend! Kan jy dink daardie ou klein kindertjies se hartseer, vrees en verwarring! Ek wil slange vang as sulke goed gebeur!!!
BAIE sterkte! Ek kan nie glo hierdie slagting in SA duur onverpoos voort nie. Ek het ‘n mengsel van woede en hartseer in my wat ek nie in woorde kan uitdruk nie….
Polisie het na bykans 3 jaar nogsteeds niks aan die moord saak van Mnr. Henk Albertyn gedoen nie, hoe pateties !
Johan,
Dis so hartseer! Ek is deurentyd nog met jou ma in kontak. Hoe gaan dit nou met Schalk? Ek dink gedurig aan julle!
Nogal interessant, hoe het jy op my blog afgekom? Hierdie tyd was seker ook een van die slegste tye in my lewe….
Blessings vir julle!